Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies

Deel op

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gaan die Vrystaatse onderwysdepartement hof toe sleep weens derduisende rande se uitstaande skoolsubsidies.

Adjunkhoof van Fedsas, Jaco Deacon, sê die organisasie wil die departement verplig om uitstaande subsidies aan skole in die provinsie te betaal. Hy sê die departement het versuim om die uitstaande geld aan die einde van Januarie te betaal, soos aanvanklik aangedui is.

Volgens hom het spesiale skole in die provinsie wel hul subsidies verlede jaar in die laaste skoolkwartaal ontvang. Altesaam 1 260 openbare skole en 72 private skole het slegs tussen 10% en 15% van hul skoolsubsidies ontvang.

Hy sê skole maak staat op die geld om hul uitgawes in Januarie en Februarie te dek. Die uitgawes sluit onder meer elektrisiteit- en waterrekeninge in. Volgens Deacon moet die departement al volgende maand weer die volgende subsidie aan skole betaal.

Skole gebruik verlede jaar se skoolsubsidies vir uitgawes omdat kinders se skoolgeld eers later in Februarie inkom. Die onderwysdepartement betaal subsidies jaarliks in vier paaiemente.

Deacon sê meer as 650 000 kinders in die Vrystaat word geraak deur die uitstaande geld wat nie deur die departement betaal word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.