‘n Uitbreking van virale meningitis is in Mosselbaai in die Suid-Kaap aangemeld.
Dié soort meningitis word deur ontlasting versprei en die simptome sluit koors, hoofpyne, maagpyn, braking, ‘n stywe nek en diarree in.
Die 38 gevalle tussen 1 Desember 2015 en 1 Februarie is almal gehospitaliseer.
Wes-Kaapse departement van gesondheid het bevestig dat 37 is kinders onder tien jaar oud die siekte onderlede het terwyl ‘n 37-jarige man ook ongesteld is.
Dit is glo volgens die departement ‘n minder gevaarlike vorm van breinvliesontsteking.
Inwoners word aangemoedig om hul higiëne te verbeter en gereeld hande te was, veral na ablusiebesoeke.