Vyf vas na Britse vlieënier se dood

Deel op

Pres. John Magufuli van Tanzanië het die dood van die Britse bewaringskundige wie se helikopter afgeskiet is toe hy vermeende stropers agtervolg het, veroordeel, en gesê vyf mense is in hegtenis geneem, het AFP berig.

Die Brit Roger Gower (37) het gesterf toe sy helikopter Vrydag tydens ’n patrollievlug oor die Maswa Natuurreservaat naby die wêreldbekende Serengeti Nasionale Park afgeskiet is.

Hy het vir die Friedkin Bewaringsfonds gewerk en was besig om vermeende stropers te agtervolg nadat hy die vars karkasse van olifante opgemerk het.

“Dit is ’n hartseer voorval en moet ten sterkste veroordeel word,” het Magufuli gesê.

Volgens hom is vyf verdagtes in hegtenis geneem en deur die polisie ondervra.

Gower se Suid-Afrikaanse vennoot, die safarigids Nicky Bester, was ook in die helikopter en het die ongeluk oorleef.

Pascal Shelutete, woordvoerder van nasionale parke in Tanzanië, sê die stropers “kan swaar gewapen wees met gesofistikeerde militêre wapentuig”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.