Miljoene in skenkings na Liberië daag nie op

Deel op

Internasionale skenkers het nie sowat US$1 miljard in beloofde skenkings oorhandig nie.

Die fondse het ten doel gehad om Wes-­Afrika lande te help om van die Ebola-epidemie te herstel.

Die epidemie het die lewens van meer as 11 000 mense geëis en gesondheidstelsels wat reeds gewankel het, nog verder verswak.

Volgens die liefdadigheidsorganisasie Oxfam is die oorblywende US$3,9 miljard moeilik om op te spoor weens ’n gebrek aan inligting en deursigtigheid.

“Dis moeilik om te verstaan watter skenkers het geld gegee, aan wie en vir watter doel,” het mnr. Aboubacry Tall, Oxfam se streekdirekteur vir Wes-Afrika gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.