Die kroeg in Burkina Faso wat internasionale nuus gehaal het weens Moslemgeweld, is weer oop.
Twee weke ná jihadistiese aanvalle in die Taxi-Brousse-kroeg waarin 30 mense dood is, het die kroeg weer sy deure geopen met personeel wat weier om in vrees te leef.
Die aanvallers het diplomate geteiken. Hulle het “ligte velle gehad” en nie ‘n inheemse taal gepraat nie. Een van Amnestie Internasionaal se fotograwe is doodgeskiet in die kroeg.
Die aanvallers het glo die lyke geskud om seker te maak hulle is dood.
“Ek draai die klank op om te wys hulle kan ons nie daarvan weerhou om te leef, bier te drink en pret te hê nie,” het die platejoggie Kader Aristide Pare gesê terwyl hy musiek vir ’n yl skare gemaak het.
Die Taxi-Brousse het Saterdag heropen, met alle tekens uitgewis van die bloedbad op 15 Januarie toe die kroeg midde ’n aanval deur gewapende mans op die nabygeleë Splendid-hotel en die Cappuccino-kaffee was.
Al-Kaïda het in die Islamitiese Maghreb (AQIM) verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Daar was egter meer sekswerkers by die toonbank as klante.
Burkina Faso het intussen sy energievoorsiening dmv murabaha , Moslembefondsingsmodel, in plek gestel.
Katoenboere het ook ‘n eis teen Monsanto ingestel van $280 miljoen weens die lae gehalte vesel wat die GM-gewas lewer.