Nigerië stel generaal aan wat glo massamoord pleeg

Deel op

Amnestie Internasionaal sê Nigerië het weer ’n generaal-­majoor aangestel wat by massamoord betrek is.

Volgens die organisasie onderskryf dit die regering se “monumentale mislukking” om die gebrek aan straf vir oorlogsmisdade uit te wis.

Die organisasie wat in Londen gebaseer is, het verlede jaar gevra dat nege senior bevelvoerders, ingesluit generaal-majoor Ahmadu Mohammed, ondersoek word vir die moontlike kriminele verantwoordelikheid vir oorlogsmisdade wat die sterftes van meer as 8 000 aangehoudenes sedert 2011 behels.

Mohammed was die bevelvoerder toe soldate sowat 640 ongewapende aangehoudenes doodgeskiet het, nadat Boko Haram-­ekstremiste Giwa-barakke in die noordoostelike stad Maiduguri­ aangeval het.

Hy was ook glo betrokke by die mislukte ontsetting van skoolmeisies wat deur Boko Haram ontvoer is.

Ten minste 50 mense is na berig word intussen vermoor in die noord-ooste van Nigerië in aanval deur vermeende Boko Haram militante.

Foto’s van die dorp van Dalori toon uitgebrande geboue en verkoolde vee.

Inwoners het gesê minstens 50 mense is dood, hoewel ‘n Reuters-verslaggewer 65 liggame by ‘n hospitaallykshuis getel het.

Volgens Amerikaanse nuusbronne waaronder AP, het Boko Haram kinders lewend verbrand.

Ooggetuies het gesê die aanvallers het op motorfietse en vragmotors aangekom en was geklee in militêre uniforms, het die Nigeriese media berig.

Boko Haram is ook glo verantwoordelik vir die dodelike bomaanvalle in die naburige Tsjad Sondag.

Minstens drie mense is dood en dosyne gewond toe twee selfmoordbommers twee plekke naby Lake Chad geteiken het, het amptenare gesê.

Boko Haram se Islamitiese opstand het reeds duisende lewens geëis en meer as twee miljoen mense oor die afgelope ses jaar laat vlug.

Onlangse aanvalle fokus op burgerlikes in Nigerië se noord-ooste en oor die grens in die noorde van Kameroen.

Kameroen is deel van ‘n plaaslike koalisie saam met Nigerië, Niger, Tsjad en Benin wat teen die groep se teenwoordigheid veg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.