Twee verdagtes van Rouxville-plaasmoord verskyn vandag

Deel op

RSG berig dat die saak teen twee verdagtes in die Rouxville-plaasmoord, tot vandag uitgestel is vir verdere ondersoek.

Thabang Jordan en Ngalekile Zamayo is in hegtenis geneem nadat Bennie Cilliers verlede week dood en sy vrou Cecilia ernstig beseer is in die aanval.

Die verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord, roof en voertuigdiefstal.

Jordan is ‘n voormalige werknemer van Cilliers.

Die egpaar is in hulle slaapkamer aangeval.

Volgens die polisie is Cecelia Cilliers steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal in Bloemfontein.

Die verdagtes is Vrydagaand in hegtenis geneem en gesteelde goedere is in hulle besit gevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.