Die verkiesing van kandidate vir Amerika se presidentsverkiesing in November het in alle erns begin.
Iowa is die eerste staat om sy presidentskandidate te verkies.
Republikeine het Ted Cruz as hul kandidaat gekies, nadat daar vroeër ‘n driehoekige stryd tussen Cruz, Donald Trump en Marco Rubio was.
Trump het tweede na Cruz geëindig. Hy was nederig en het sy ondersteuners bedank vir sy tweede posisie. Hy het bygevoeg dat hy steeds as die wenner gaan uittree.
Cruz het 28% behaal met ‘n appèl op godsdiens en kerkgemeenskappe. Trump het 24% van die kiesers oorgehaal en Rubio 23%.
Meer as 90 persent van die Demokrate se stemme is getel.
Hillary Clinton en Bernie Sanders is die voorlopers. Hillary kon net-net daarin slaag om Sanders te klop met 694 stemme teenoor Sanders se 692 tot dusver.
Amerikaanse politieke waarnemers sê die uitslag van die Iowa-kandidaatsverkiesing verteenwoordig nie die sentimente in die algemene verkiesing nie.