Bejaarde oorleef plaasaanval naby Brits

Deel op

n Bejaarde vrou van Brits is steeds geskok nadat sy Sondagoggend ‘n plaasaanval oorleef het.

Die 83-jarige mev. Steyn is deur drie swartes in haar kothuis oorval.

Volgens Steyn het die aanvallers die huis geken. Twee het handwapens op haar gerig en die ander een het haar vasgebind met ‘n elektriese kabel.

Die aanvallers was glo woedend omdat die pensioentrekker nie meer geld gehad het nie. Hulle het ander items gesteel en daarna op die vlug geslaan.

Sy het egter daarin geslaag om later hulp te ontbied.

Dit is die tweede aanval in minder as ‘n week in die Klipkop-omgewing.

Die Van der Walt-gesin is op 26 Januarie deur vier gewapende swartes oorval, aangehou en beroof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.