Vrou steeds kritiek na swart aanvallers boer skiet

Deel op

Twee swartes sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die moord op ‘n boer van Rouxville, dr Bennie Cilliers.

Cilliers en sy vrou, Cecilia, is Donderdag aangeval op hul plaas buite Rouxville.

Cecilia verkeer steeds in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die waakeenheid van die Mediclinic in Bloemfontein.

Sy is erg aangerand en het frakture aan haar skedel, linkerarm, ribbes asook sagte weefsel beserings.

Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê die twee mans is Vrydagnag in hegtenis geneem in Bloemfontein.

Hulle sal binnekort in die Smithfield-landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord en diefstal verskyn.

‘n Woordvoerder van die hospitaal, Amanda Appelgryn, sê Cecilia is nie geskiet nie, soos voorheen berig.

Cecilia is waarskynlik met ‘n stomp voorwerp aangerand Donderdagnag op hul plaas langs die Caledonrivier.

Bennie is op die toneel dood verklaar, terwyl Cecilia per lugambulans na die Mediclinic Bloemfontein gevlieg is.

Die polisie sê ‘n plaaswerker het Vrydagoggend op die egpaar in hul huis afgekom.

Appelgryn sê Cecelia is aan ‘n ventilator gekoppel. ‘n Drukmonitor is Vrydagaand in haar skedel geplaas en ‘n ortopediese prosedure is op haar linkerarm uitgevoer.

‘n Roudiens vir Bennie sal voorlopig Vrydag om 11:00 op Rouxville gehou word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.