ANC sleep DA se Trollip voor MRK

Deel op

Die ANC gaan ‘n klagte by die Menseregtekommissie indien teen die familie van die DA se burgemeesterskandidaat vir die Nelson Mandelabaai Metropool, Athol Trollip, het RSG berig.

‘n Woordvoerder, Zizi Kodwa beweer die familie het plaaswerkers se regte geskend toe hulle in Bedford in die Oos-Kaap vir hulle gewerk het.

Kodwa sê die werkers het geskrewe verklarings ingedien oor hoe hulle tussen 2005 en 2010 behandel is.

Kodwa sê Trollip was bewus van die gebeure, maar het glo niks daaraan gedoen nie.

Intussen het Trollip in reaksie die raadslid Lawrence Troon vir naamskending gedagvaar.

Volgens Trollip het ‘n joernalis die verklarings wat glo nie onderteken is nie, aan hom gewys. Hy beweer dat die joernalis die verklarings van Troon gekry het.

Trollip sê sommige van die plaaswerkers het nog nooit vir sy familie gewerk nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.