ANC-ampsdraers verdink van ernstige aanranding, seksuele teistering

Deel op

‘n Swart ANC-raadslid het ‘n minderjarige meisie so erg aangerand dat sy inwendig gebloei het, het die hof gehoor.

Dilahlwane Njodina, het in Bultfontein in die Vrystaat in die streekhof verskyn op ‘n aanklag dat sy ‘n 14-jarige meisie ernstig aangerand het.

Die aanval het gevolg op ‘n stryery tussen die meisie en die raadslid se dogter.

‘n Groot groep polisie-lede moes ‘n oproerige skare buite die hof in toom hou.

Lede van opposisiepartye, wat die verhoor wou bywoon, is nie in die hof toegelaat nie.

Die verhoor is tot 18 Februarie uitgestel.

Intussen is die Wes-Kaapse provinsiale leier, Marius Fransman uit sy pos verwyder hangende ‘n ondersoek na die klag van seksuele teistering teen hom.

Die ANC sê hy glo hy het die regte besluit geneem om hul provinsiale leier te skors.

Die party se Nasionale Werkskomitee en die Wes-Kaapse leiers hou Maandag ‘n vergadering om die skorsing te bespreek.

Fransman is oor die besluit ingelig. Die Hoof van die ANC se Wes-Kaapse uitvoerende komitee, Jabu Mfusi sê hulle wag vir die werkskomitee om die redes vir die besluit te verskaf.

Die klagte teen Fransman is sowat drie weke gelede deur ‘n twintigjarige vrou naby Rustenburg in Noordwes gelê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.