SA het die vier mees gewelddadige stede in Afrika

Deel op

Suid-Afrika het vier van die gewelddadigste stede ter wêreld met Kaapstad as dié misdaadvoorloper.

Suid-Amerika het die meeste stede op die lys maar Afrika het net vier.

Die stad Caracas in Venezuela is as die gewelddadigste in die wêreld uitgewys.

Die Instituut vir Sekerheidstudies het die bevindings van ‘n Meksikaanse navorsingsorganisasie egter verwerp.

Die vier Suid-Afrikaanse stede wat glo volgens dié navorsing onder die 50 gewelddadigste stede ter wêreld is, is Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Johannesburg.

Die organisasie het Kaapstad negende in die wêreld geplaas vir geweldsmisdade. Die ander is onderskeidelik 41ste, 42ste en 47ste geplaas.

‘n Woordvoerder van die Instituut, Lizette Lancaster, sê hulle het ‘n probleem met die organisasie se navorsingmetodologie.

Die Council for Public Security and Criminal Justice in Mexiko het die lys saamgestel, wat aantoon dat 2 451 moorde verlede jaar in Kaapstad gepleeg is.

Die stad is wyd bekend vir sy dwelmverwante bendebedrywighede.

Van die gewelddadigste en gevaarlikste stede in Afrika waar konflik tans woed, het egter nie hulpbronne om betroubare statistiek te publiseer nie.

Die ranglys is gegrond op die getal moorde per 100 000 inwoners verlede jaar in stede met bevolkings van meer as 300 000 mense.

Vier stede in die VSA is ook op die lys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.