Akademie bekommerd oor outonomie van universiteite

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het sy bedenkinge uitgespreek oor die voor­gestelde Wysigingswet op Hoër Onderwys.

Die wet sal beteken dat universiteite se vryheid om hulle eie taalbeleid te bepaal, ingeperk kan word.

Die Akademie sê dit maak inbreuk op die outonomie van tersiêre instellings in Suid-Afrika.

Die Akademie het ook die departement se deskundigheid en bevoegdheid om te bepaal wat die spesifieke taalomstandighede van ‘n instelling is, in twyfel getrek.

Hulle sê die gevaar bestaan dat magspolitieke oorwegings by die bepaling van taal­beleid ‘n rol sal speel.

Universiteite gaan sedert verlede jaar gebuk onder voortslepende swart oproer wat ondermeer ook taal insluit.

By die Universiteit van Stellenbosch het swart studente beswaar gemaak teen Afrikaans. Swart studente beweer hulle word “uitgesluit” deur taal.

Intussen verskyn 43 studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie vandag in die landdroshof in Bellville op aanklagte van openbare geweld.

Die aanklagte hou verband met die Fees Must Fall-betogings verlede jaar. Tydens hulle vorige hofverskyning is borgtog van drieduisend rand elk aan hulle toegestaan.

Hulle is ook verbied om personeel en getuies te intimideer.

Die universiteit het vanjaar heropen sonder enige voorvalle en studente het die eksamens afgelê wat verlede jaar uitgestel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.