Een sterf na 7 gevalle van maagkoors in Gauteng

Deel op

In Gauteng is sewe gevalle van maagkoors die afgelope dae aangemeld. Een persoon is reeds weens die siekte dood.

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het ook intussen drie gevalle van ingewandskoors in die provinsie bevestig.

Twee meisies, onderskeidelik nege en tien jaar oud van Kaapstad en ‘n 52-jarige man van die Kaapse Wynland-distrik is met die siekte gediagnoseer.

Die adjunkdirekteur van kommunikasie, Mark van den Heever sê daar is elke jaar gevalle van ingewandskoors.

Die meeste pasiënte is mense wat na Zimbabwe of ander lande soos Indië gereis het.

Volgens Van den Heever is daar deurlopend ‘n risiko vir ingewandskoors waar waterkwaliteit en sanitasie nie aan standaarde voldoen nie.

Hy sê daar is egter geen rede tot kommer nie.

Maagkoors of tifoied word veroorsaak deur die bakterie Salmonella typhi wat gewoonlik oorgedra word deur besmette water of kos.

Water word besmet as mense wat tifoied koors het se stoelgang in die water beland.

Kos word besmet as ‘n siek persoon nie sy hande was nie, en met kos werk of die besmette water oor groente gebruik word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.