Rentekoersverhogings verwag

Deel op

Die Reserwebank sal na verwagting vanmiddag ‘n verhoging in die rentekoers aankondig ná die bank se monetêre beleidskomitee-vergadering, het RSG berig.

Volgens ekonome sal die bank ook grootskaalse afwaartse aanpassings in die groei-beramings vir die Bruto Binnelandse Produk bekend maak.

Die komitee se taak word bemoeilik deur die verswakte inflasie-verwagting, die voortslepende droogte, die swakker rand en die verhoogde kragtariewe.

Die meeste ekonome verwag dat ‘n verhoging van 50 basispunte aangekondig sal word, hoewel ander meen dit kan slegs 25 basispunte wees.

Amerikaanse markte het intussen laer gesluit na die aankondiging van die Amerikaanse reserwebank dat rentekoerse in die land nie verhoog gaan word nie.

Die bank sê die besluit is geneem in die lig van wêreldwye ekonomiese en finansiële ontwikkelings. Die Dow Jones het na die aankondiging met 0,39 persent gedaal en die Nasdaq met 0,92 persent.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.