Dlamini-Zuma oorweeg uittrede as AU-voorsitter

Deel op

Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma oorweeg glo om uit te tree uit haar posisie as voorsitter van die Afrika-Unie Kommissie as haar eerste termyn in Julie vanjaar ten einde loop.

Op die vooraand van die naweek se beraad is Algerië minister van buitelandse sake Ramtane Lamamra, ‘n voormalige AU-veiligheidskommissaris, die gunsteling om haar op te volg.

Ontleders sê Lamamra is reeds met steunwerwing besig, maar daar is geen tekens dat Dlamini-Zuma dieselfde doen nie.

Lamamra het Woensdag geweier om te bevestig of ontken dat hy homself in Julie sal beskikbaar stel toe hy genader is oor die gerugte by die AU se hoofkantoor.

“Die aanduidings is dat sy sal bedank, deels omdat daar geen waarborge vir haar herverkiesing is nie en deels as gevolg van haar politieke ambisies in Suid-Afrika,” het ‘n ontleder van die ISS gesê.

Die ontleder het verwys na hardnekkige gerugte dat Dlamini-Zuma beoog om haarself as ‘n kandidaat voor te stel om haar gewese man, President Jacob Zuma op te volg as president van die ANC by die party se verkiesingskonferensie volgende jaar.

Maar die ISS ontleder, wat anoniem wou bly, het erken dat daar nog heelwat onsekerheid heers oor Dlamini-Zuma se bedoelings.

Sy het tot Julie vanjaar om te besluit, want dit is wanneer haar termyn by die AU verstryk, het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.