Swart verkeershoof weer voor vir bedrog

Deel op

Die swart hoofverkeersbeampte van die Maquassi Hills munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes, wat tereg staan op verskeie aanklagte van bedrog, verskyn na verwagting vandag weer in die hof.

Judas Mahlangu is aanvanklik in Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering die munisipaliteit uit meer as R540 000 bedrieg het.

Hy is toe weer in September aangekeer nadat dit aan die lig gekom het dat hy by nog misdrywe in Mpumalanga betrokke is.

Mahlangu is toe op R5 000 borgtog vrygelaat, maar het nie opgedaag vir sy verskyning in September nie.

Hy word sedertdien by die Kgosi Mampuru gevangenis in Pretoria aangehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.