Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor

Deel op

Honderde mynwerkers in die Noord-Kaap gaan hul werk verloor nadat drie myne besluit het om werkers af te dank.

Die myne in die Kathu-omgewing het hul werknemers in kennis gestel het dat hulle binnekort herstrukturering en moontlike afleggings oorweeg.

Adele Nel van Tau Mining het bevestig dat Aveng Moolmans, Tau Mining en die Khumani-ysterertsmyn vakbonde kennis gegee het van die voorgenome proses.

Sy sê hulle gaan ongeveer 175 werkers aflê.

PSG aandelemakelaar en portefeulje-bestuurder, Amelia Morgenrood, het in ‘n onderhoud met OFM-nuus gesê dat die internasionale daling in oliepryse verreikende gevolge vir die mynbedryf en die regering inhou.

Arbeidsontleders sê dié afleggings sal die sosio-ekonomiese welstand van inwoners van die Noord-Kaap ten nadele beïnvloed.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.