Nege mense wat verbind word met die terreuraanvalle in November in Parys, Frankryk, verskyn glo in ’n video wat die Islamitiese Staat (ISIS) Sondag uitgereik het.
Die nuusagentskap Reuters kon nog nie egtheid van die video bevestig nie.
Die ISIS-lede maak anti-Westerse uitsprake en dreig met ’n aanval op Brittanje.
Ontleders wat militante groepe se bedrywighede op sosiale media monitor, sê die video voldoen aan die kriteria van ‘n amptelike ISIS-verklaring.
Die video is op ISIS se amptelike kanaal op die sosiale medium, Telegram, geplaas.
Die aanvallers in kamoefleeruniforms word in ’n woestyngebied getoon voordat die Parys-aanvalle uitgevoer is. Verskeie van hulle gyselaars word in die video onthoof.
“Dit is die laaste boodskappe van die nege leeus van die kalifaat wat uit hul lêplekke gemobiliseer is om ’n hele land, Frankryk, op sy knieë te dwing,” verklaar die verteller.
Nege mans in drie groepe het op 13 November verlede jaar ’n sportstadion, restaurante en ’n konsertsaal in Parys aangeval.