DA ruk op na Johannesburgse middestad

Deel op

Duisende DA-kiesers sal Woensdagoggend opruk na die Johannesburgse middestad om te betoog oor die gebrek aan werksgeleenthede.

Motoriste word intussen afgeraai om vanaf tienuur vanoggend na die middestad te reis.

‘n Woordvoerder van die party, Mabine Seabe sê die optog sal by die Westgate-vervoerpunt begin.

Die DA-leier, Mmusi Maimane het in ‘n verklaring gesê byna tweemiljoen meer Suid-Afrikaners is sedert 2009 werkloos.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Edna Mamonyane sê van die paaie wat geraak word sluit in Marshallstraat, Rissikstraat, Jeppestraat en Sauerstraat.

Volgens Mamonyane sal die optog na verwagting teen twee-uur vanmiddag verby wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.