RSG berig dat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol Dinsdag voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer sal doen, oor alternatiewe vir die finansiering van die e-tolstelsel.
Die Bondgenootskap is gevra om die komitee in te lig oor die moontlike gevolge van wysigings aan e-tolregulasies, kommer oor invordering van e-tolgeld en moontlike samespanning in die Gautengse Hoofwegverbeteringsprojek.
In Desember is voorgestelde wysigings aan die Aarto-wetgewing in die Staatskoerant gepubliseer.
Die Bondgenootskap hou vol dat dit ‘n poging van Sanral is om die betaling van e-tolgeld af te dwing.
Die Bondgenootskap het meer as 100 000 bydraes van die publiek ontvang oor redes waarom die voorgestelde wetswysigings nie deurgevoer moet word nie.