Ford staak bedrywighede in Japan, Indonesië

Die Amerikaanse voertuigvervaardiger, Ford gaan sy bedrywighede in Japan en Indonesië opskort.

Ford sal uit Japan onttrek waar hulle al sedert 1974 ‘n teenwoordigheid gehad het, het Reuters vroeër berig uit Tokio nadat hulle ‘n e-pos van Asië se uitvoerende hoof, Dave Schoch aan werknemers gesien het.

Die maatskappy sê daar is min vooruitsigte vir winsgewendheid in dié twee lande.

Ford sal sy handelaars in Japan en Indonesië sluit en ook invoere staak.

General Motors het verlede jaar besluit om die vervaardiging van sy handelsname in Indonesië te staak weens sterk mededinging van Japannese voertuigvervaardigers.

Talle motorvervaardigers sukkel om markaandeel in Japan te wen, wat histories moeilik is om nie-Japannese handelsmerke in te voer en te verkoop.

Ford het nagenoeg 5000 voertuie verlede jaar verkoop en het minder as 2% markaandeel.

Die sluitings raak ongeveer 52 handelaars en byna 300 werknemers in Japan. Produkontwikkeling sal ook daar gestaak word.

Ford is sedert 2002 in Indonesië en het 35 werknemers en 44 oktrooi-handelaars. Verkope was omtrent 6000 voertuie verlede jaar, wat minder as 1% markaandeel verteenwoordig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.