TUT steeds gesluit na oproer

Deel op

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie is steeds weens oproer gesluit.

Die TUT-bestuur sê die Pretoria-Wes kampus sal gesluit bly omdat protes by die kampus voortduur.

Samesprekings tussen die Universiteit en verteenwoordigers van die sogenaamde Outsourcing Must Fall-beweging het weer ‘n dooiepunt bereik.

‘n Verteenwoordiger van die skoonmakers, Vusi Mahlangu beskuldig die universiteitsbestuur daarvan dat hy nie hulle griewe nie ernstig wil oorweeg nie.

Die skoonmakers is ontevrede oor die insluiting van die vakbond Nehawu in die universiteit se taakspan.

‘n Woordvoerder van die Universiteit, Willa de Ruyter sê die Universiteit het die skoonmakers versoek om na die onderhandelingstafel terug te keer.

De Ruyter het studente aangeraai om aanlyn te registreer as hulle deur die oproer verhoed word om dit by die kampus te doen.

Die vakbond Nehawu het intussen ‘n beroep op sy lede gedoen om nie uit hulle werk te bedank as gevolg van die nuwe belastingwysigings wat pensioenfondse raak nie.

Talle onderwysers het reeds bedank.

Die wetgewing, wat vanaf 1 Maart van krag is, beteken dat werkers slegs ‘n derde van hul pensioen as ‘n kontantuitbetaling mag neem. Die res moet in annuïteite belê word.

Nehawu het hom by Cosatu geskaar en eis dat die wetgewing herroep word. Die hoofsekretaris van Nehawu, Bereng Soke sê werkers moenie bedank nie, maar moet eerder hulle vakbonde vertrou om die stryd teen die nuwe wetgewing te wen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.