EU beraadslaag oor Schengen-ooreenkoms

Deel op

Ministers van binnelandse sake van die Europese Unie is in Amsterdam in Nederland byeen om grensbeheerstelsels te verskerp teen die invloei van migrante.

NUUT!

Die Duitse media het berig dat die land beheer verloor het oor die invloei en nie daarin kan slaag om asielkandidate wat afgekeur word, terug te stuur nie.

Die Schengen-ooreenkoms bepaal dat Duitsland se huidige grensbeheer in Mei sal verval.

Volgens berigte wil Duitsland en sommige ander lande hê dat die beheerstelsels tot aan die einde van 2017 verleng word.

Die migrante-krisis in Europa dreig om die Schengen-ooreenkoms van vrye beweging in Europa in die gedrang te bring met talle lande soos Hongarye wat met streng grensbeheer ingestel het.

Die EU se beleidshoof vir buitelandse sake, Federica Mogherini sê meer as 30 000 migrante het reeds vanjaar deur Turkye in Griekeland aangekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.