Kortfliek van die dag: Plurality

Deel op

Hierdie kortfilm speel in New York in 2023 af, in ‘n wêreld waarin daar totale tegnologiese beheer bestaan, ter wille van veiligheid. Maar sommige mense pas nie in die stelsel in nie of rebelleer daarteen en moet daarom opgespoor word. Dis ‘n film wat ‘n mens nogal aan die dink sit. Een van die karakters se van is Winston wat herinner aan die karakter in George Orwell se beroemde distopiese roman, 1984. Die polisieman se van is Foucault wat ‘n toespeling op die Franse filosoof Michel Foucault kan wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.