Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie weier om in Afrikaans te kommunikeer

Deel op

Die mediawoordvoerder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Isaac Mangena, weier om in Afrikaans te kommunikeer. Hy gebruik slegs Engels, of anders antwoord hy op Noord-Sotho wanneer vrae aan hom in Afrikaans gestel word.

Dr. Dan Roodt van PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het verlede jaar, asook verlede week, versoeke om inligting aan Mangena gestuur vir publikasie op die PRAAG-webblad, waarna Mangena weereens in Noord-Sotho geantwoord het.

“Ons aanvaar nie hierdie behandeling nie,” sê dr. Roodt. “Ons siening is dat Afrikaans die oorspronklike taal van Suid-Afrika is. In die Transvaal en die Vrystaat is Engels ‘n onlangse immigrantetaal, net soos Noord-Sotho of Pedi. In elk geval is ons hoofkantoor in die Transvaal en ons dring daarop aan dat daar aan die Verdrag van Vereeniging van 1902, asook ‘n hele rits internasionale verdrae, benewens nog FW en Roelf se patetiese grondwet van 1996, gehoor gegee word.”

Die Menseregtekommissie is veronderstel om na die menseregte van Suid-Afrikaners om te sien. “Maar hier word taalregte vertrap deur dieselfde liggaam as wat veronderstel is om oor ons regte te waak. Dis totaal absurd!” sê Roodt.

Nie net PRAAG nie, maar al die Afrikaanse media word deur die MRK se weiering om vrae in Afrikaans te beantwoord, geraak. Daarom gaan die organisasie “dringend en indringend die kwessie ondersoek”, met die oog op optrede om die MRK te dwing om Afrikaans te gebruik.

“Ons wil nie onnodig ons tyd met hofsake mors nie, en ons is reeds in ‘n geding met die departement van kuns en kultuur, asook die departement van omgewingsake betrokke rondom hul weiering om erkenning aan Afrikaans te gee,” sê Roodt. “Maar vir seker buig geen Afrikaner voor ‘n Pedi nie, of hy nou ‘n Pedi-Pedi of ‘n Engelse Pedi is. Met dié dat Paul Kruger so in die nuus is, moet die Pedi’s dalk bietjie gaan oplees oor hoe hy dié beginsel telkemale gedemonstreer het.”

Benewens ‘n hofaansoek teen die MRK, sal PRAAG ook klagtes by internasionale organisasies aanhangig maak. Die organisasie voer uitgebreide korrespondensie met internasionale organisasies wat mense- en taalregte betref. “Die Menseregtekommissie kan hom maar regmaak vir ‘n PRAAG-aksie,” sê Roodt. “Toe ons in 2000 gestig is, het iemand geskerts dat ons leuse moet wees, ‘na aksie, satisfaksie’. Vir seker gaan ons die saak nie hier laat nie.”

PRAAG sal ook ‘n e-petisie teen die SAMRK loods. “Ek is lus en stel die stelsel só dat elke e-pos in die inmandjie van Mangena, asook elke menseregtekommissaris beland. Dan sal hulle miskien twee keer dink oor hul anglofilie en pedifilie,” sê Roodt.

PRAAG beplan ook om ‘n eis van etlike miljard rand teen die ANC-SAKP-bewind in te stel vir skade aan die Afrikaanse taal en kultuur. “Ons wil reparasies hê vir dít wat Afrikaans aangedoen is,” sê Roodt. “Die verdrukker moet betaal.”

Besonderhede oor die eis teen die ANC-SAKP-bewind sal binnekort bekendgemaak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.