Arabiese lente bring armoede, opstande

Deel op

Op 17 Desember 2010, het ’n jong, desperate Tunisiese straatverkoper, Mohamed Bouazizi, hom aan die brand gesteek uit protes oor werkloosheid en polisiemishandeling, wat opstand oral in die Arabiese wêreld laat versprei het.

Vyf jaar later het nog ’n jong Tunisiër, Ridha Yahyaoui, hom uit frustrasie omdat hy nie ’n werk kon kry nie, om die lewe gebring.

Dit het op dieselfde verarmde dorpe opnuut tot opstand gelei wat die bewind van Zine El-Abidine Ben Ali tot ’n val gebring het, het Reuters berig.

Indien Tunisië geloof is as die suksesverhaal van die Arabiese Lente, het dit ook ’n voorbeeld geword van die gevare verbonde aan die mislukking om die ekonomiese onbehaaglikheid, vervreemding en frustrasie van Noord-Afrika se jeug, die hoof te bied.

In Kasserine, die verarmde sentrale stad waar verlede week se protes begin het, het meer verstote jong mans gedreig om selfmoord te pleeg. Twee is beseer toe hulle van die dak van’n regeringsgebou afgespring het omdat hulle nie werk kry nie.

Die onluste het gou na ander dorpe in die noorde van die land versprei met betogers wat polisiekantore en die kantore van plaaslike owerhede bestorm het. Een polisieman is in die onluste dood.

Die betogers skree krete “werk, vryheid, waardigheid” wat ’n weerklank van die 2011 “Jasmyn Rewolusie” is en eise om politieke vryheid en ekonomiese geleenthede wat nie gematerialiseer het nie, weerklink.

Baie betogers neem die traak-my-nieagtige gesindheid kwalik van voormalige Ben Ali-bewind amptenare, soos pres. Beji Caid Essebsi, wat aan bewind gekom het nadat die rewolusie die outokraat gedwing het om in ballingskap uit die land te vlug.

Tunisië het grootliks daarin geslaag om die gewelddadige naskokke vry te spring wat ervaar is in ander Arabiese Lente-lande waar langdienende leiers in Egipte, Jemen en Libië tot ’n val gebring is, maar daardie lande steeds sukkel om stabiliteit te vind.

Ondanks ’n nuwe grondwet, wat ’n kompromis tussen sekulêre en ­Islamitiese partye was, en vrye verkiesings wat ’n model vir ’n streek is waar vuurwapens dikwels meer gewig dra as die stembus, het politieke vooruitgang nie ­ekonomiese ­voorspoed gebring nie. ­Werkloosheid het in 2015 op 15,3 persent gestaan, op van die 12 persent in 2010, vanweë swak ­ekonomiese groei en laer beleggings.

Universiteits-graduandi maak een derde van werklose Tunisiërs uit.

Dit bring onder meer mee dat middelklas, opgevoede Tunisiërs, Islamitiese militante werwers ten prooi val. Na raming veg meer as 3 000 Tunisiërs vir Islamitiese militante groepe in Irak en Sirië.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.