Brand by platinummyn eis vier

Deel op

Vier mynwerkers is dood toe ’n ondergrondse brand in ’n platinummyn uitgebreek het, het die Impala-groep in ’n verklaring gesê.

Die brand het Vrydag in ’n myn naby Rustenburg ontstaan en die vier werkers is deur rook en dampe oorweldig toe hulle probeer het om hul weg na veiligheid te vind, het AFP berig.

Die Suid-Afrikaanse minister van mynwese, Mosebenzi Zwani, het gister gesê hy is “hartseer oor die tragiese voorval”.

Hy het bygevoeg dat die gesondheid en veiligheid van werkers van die uiterste belang is en dat dit moet voortgaan om ’n prioriteit in alle mynbouaktiwiteite te wees.

Die nasionale unie van mynwerkers het gister gesê die unie is diep bekommerd oor die noodlottige voorvalle by Impala Platinum.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.