Siriese weermag neem belangrike jihad-bastion oor

Deel op

Die Siriese weermag die laaste belangrike dorp onder jihadistiese rebellebeheer in die Latakia-provinsie, ’n bastion van pres. Bashar al-Assad, ingeneem.

Die staatsmedia het ’n weermagbron aangehaal wat gesê het Siriese gewapende magte, in samewerking met milisie, het beheer van die dorp Rabia geneem.

Die dorp was sedert 2012 onder beheer van ’n reeks rebellegroepe insluitende die Siriese Turke asook die al-Kaïda geaffilieerde Al-Nusra Front.

Volgens waarnemers het Rabia geval, nadat die weermag ’n verbete aanslag van stapel gestuur en die dorp omsingel het.

Senior Russiese militêre offisiere het die Siriërs bygestaan in die aanval en Russiese vegvliegtuie het na wat verneem word, ’n “kritiese rol” in die gevegte gespeel.

Met die val van Rabia het regeringsmagte ’n belangrike rebelle-toevoerroete deur die Turkse grens in die noorde afgesny.

Die val van Rabia kom nadat regeringsmagte die dorp Salma op 12 Januarie ingeneem het, ná maande se militêre operasies, waar rebelle sedert 2012 in beheer was.

Russiese vegvliegtuie het Saterdag die dorp Khasham ná aan die stad Deir al-Zor, onder bomme gesteek om van die jihadiste ontslae te raak.

Twee ander dorpe is in die voorafgaande 48 geteiken.

Russiese vegvliegtuie het die lugveldtog in Deir al-Zor onderneem waar Siriese regeringsmagte met die Islamitiese Staat (ISIS) wat die provinsie beheer, in gevegte betrokke is.

ISIS beset die stad sedert verlede Maart en het die afgelope weke ’n hernude aanslag teen gebiede van die stad wat nog in regeringshande is, van stapel gestuur.

Vegvliegtuie het ook ISIS se de facto hoofstad, Raqqa, die afgelope naweek geteiken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.