Sneeustorms verlam ooste van VSA

Deel op

Miljoene Amerikaners moes tonne sneeu buite hul huise verwyder nadat een van die ergste winterstorms in negentig jaar die oostelike deel van die land getref het.

Bykans 70 sentimeter sneeu het in Central Park in New York geval, die tweede meeste sedert daar in 1869 met rekordhouding begin is.

Ten minste 18 sterftes word met die uiterste toestande verbind.

In Washington sal die lughawens na verwagting steeds gesluit bly. Die stad se burgemeester, Muriel Bowser, sê dit sal dae neem om die sneeu op te ruim.

Sy het motoriste ook gevra om nie paaie te gebruik nie.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het intussen sy vlugte van Johannesburg na Washington DC en New York Sondag hervat nadat die reisbeperkings weens die sneeustorms opgehef is.

‘n Woordvoerder van SAL, Tladi Tladi, sê die besluit om die vlugte te hervat , is geneem na inligting wat daarom dui dat die weersituasie gaan opklaar of sodanig sal wees dat die SAL se vlugte op ‘n veilige manier daar sal kan land.

Meer as 5 000 vlugte moes gekanselleer word, hoofsaaklik in Noord-Carolina en Washington DC.

Die Amerikaanse deelstate Arkansas, Tennessee en Kentucky moes die ergste sneeu, ysreën en reën trotseer en in Arkansas en Tennessee is staatskantore Vrydag weens die storm vroeg gesluit.

Skole en universiteite in die suidooste moes ook sluit en inwoners is aangeraai om voorrade gebottelde water, kos en ander noodsaaklikhede aan te skaf.

Die Amerikaanse nasionale weerdiens het die storm as “verlammend” beskryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.