Vier gevalle van ingewandskoors in Johannesburg

Deel op

Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig dat vier gevalle van ingewandskoors geïdentifiseer is in die Johannesburg-gebied.

Hillbrow, Yeoville, Edenvale, en Palm Springs is aangedui as voorstede waar die siekte voorgekom het.

Twee van hierdie gevalle is geïdentifiseer by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal, terwyl die ander twee bevestig is by die Edenvale-distrikshospitaal, het die departement in ‘n verklaring gesê.

Een van hulle, ‘n 27-jarige Malawiese vrou, is Sondag, 17 Januarie, 2016 dood in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal

Die slagoffer het drie weke gelede vir ‘n vakansie na Malawi gereis en is terug na Suid-Afrika deur Mosambiek. Sy het op Dinsdag 12 Januarie hier aangekom.

Sy het by die Hillbrow Gemeenskapskliniek gaan kla op 14 Januarie oor koors, hoofpyn, en braking.

Sy is getoets vir malaria en aangesien die resultate negatief was, is sy ontslaan.

Toetse vir ingewandskoors is nie gedoen nie omdat hierdie siekte nie algemeen in die gemeenskap voorkom nie, het die kliniek gesê.

Daarna, is ‘n ander pasiënt, ‘n 16-jarige Suid-Afrikaanse meisie, in dieselfde hospitaal opgeneem 19 Januarie en dadelik gediagnoseer met ingewandskoors.

Sy is behandel en verkeer tans in ‘n stabiele toestand. Sy het nog nooit uit die land, of buite Gauteng gereis nie, het die departement gesê.

Twee Zimbabwiese meisies, 11 en 3 jaar oud is, is onderskeidelik toegelaat by die Edenvale-distrikshospitaal. Albei is gediagnoseer met met die siekte.

Beide kinders het pas teruggekeer van Zimbabwe na kort besoeke daar,” het die departement gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.