Tweede verkragting by UK skud kampus

Deel op

Nog ‘n vrou is by die Universiteit van Kaapstad naby die kampus verkrag, vyf weke nadat ‘n verkragting daar aangemeld is.

Die universiteit het in ‘n verklaring aan studente en personeel gesê daar die twee slagoffers is vermoedelik deur dieselfde persoon aangeval en verkrag.

Die aanval het op Dinsdag 19 Januarie plaasgevind, terwyl die vorige verkragting op 11 Desember plaasgevind het.

Die vrou het van die Rhodes-gedenkteken na die universiteit gestap, toe sy oorval is. Die polisie ondersoek albei voorvalle.

“Dit is met woede en spyt dat ons julle in kennis moet stel van ernstige gewelddadige voorvalle wat naby die Rhodes-gedenkteken plaasgevind het,” het die UK in ‘n verklaring gesê.

“Ons wil almal versoek om hierdie gebied, veral saans as dit donker is, te vermy.” Die UK het berading aan die studente aangebied.

Nog ‘n student is verlede week gekaap naby die M3-hoofweg onder die Rhodes-gedenkteken. Die verdagtes is egter kort daarna gevang en in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.