Univ. Kaapstad rig verkragtingswaarskuwing: Rhodes-gedenkteken ‘n gevaarsone

Deel op

Die liberale bastion waar menige feminis daagliks wit mans uitskel, het so pas ‘n “veiligheidswaarskuwing” uitgereik dat vroue nie meer op die kampus en veral by die Rhodes-gedenkteken veilig is nie. “Ná donker is dit nie meer veilig nie,” sê die universiteit.

Twee studentes is in Desember en Januarie op die kampus verkrag. ‘n Ander student is met ‘n pistool naby De Waal-rylaan onderkant die Rhodes-gedenkteken aangehou.

“Dis ‘n verskriklike skok,” sê Merle Collins, die Kaapse woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke .

“Ons het geen ander verslae van voorvalle in die omgewing ontvang nie,” het sy die voorval ligter probeer maak. “Ons het gesê dat ons tot dusver so gelukkig is, dit was so stil, dus is dit ‘n verskriklike skok vir ons. Ons sal outomaties die veiligheid in die gebied opskerp.”

Die woordvoerder van die Universiteit Kaapstad, Elijah Moholola, meen dat daar in beide gevalle dieselfde “modus operandi” gevolg is. Hy vermoed dat dieselfde oortreder by albei verkragtingsgevalle betrokke was. Die ras of voorkoms van die oortreder is nie vermeld nie.

Volgens Moholola is die Rhodes-gedenkteken ‘n “gewilde plek” vir studente om te besoek. “In die lig van die voorvalle, maan ons almal om die gebied rondom die Rhodes-gedenkteken te vermy, veral ná donker en in die besonder die paadjie wat as ‘n kortpad deur die bos gebruik word.”

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat twee verkragtingsake aanhangig gemaak is.

“In nie een van die gevalle is daar al iemand in hegtenis geneem nie. Albei gevalle is by die SAPS Mowbray vir ondersoek aangemeld,” sê kaptein FC van Wyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.