D-segmentmotors: Ons vergelyk die Audi A6 met die Ford Fusion

Segment D van die motormark was tradisioneel een van die grootste segmente. Motors soos die Toyota Camry en Opel Rekord van die tagtigs en negentigs het by die duisende verkoop. Dinge het effens verander met die koms van die veeldoelwaentjies en die sportnutsvoertuie.

Vandag is daar slegs ‘n paar vervaardigers wat nog ernstig aandag aan hierdie segmentskenk. Ons het gaan kyk wat beskikbaarisen hoe hulle met mekaarvergelyk.

Audi A6

Audi se A6 was baie gewild as ’n middelslaggesinsmotor of die keusevoertuig van die huisdokter of die skoolhoof. Vandag het die A6 baie meer gesofistikeerd en duur geraak en die kleiner Audi A4 het eintlik die skoene van die vorigegeslag-A6 begin vol staan. Tans in Suid-Afrika is die A6 beskikbaar in twee weergawes: die 1.8 T-petroleenheid en die 3.0 TDi V6-dieselweergawe. Die motors is steeds groter en luukser as die A4 en ook meer volwasse in die sin dat die onder-40-eienaar eerder ‘n A4 sal aanskaf en die A6 meer beskore is vir die 40-plussereienaar.

Beenruimte in die Audi A6
Beenruimte in die Audi A6

In die 1.8T-weergawe word die motor deur ‘n 4-silinder-1.8-literturboenjin aangedryf. Die petrolenjin ontwikkel 140 kW en 320Nm se wringkrag. Daar is ‘n 7-spoed-outomatieseratkas wat sorg dat die A6 seepglad en sonder enige drama die krag by die teerpad uitkry.

Brandstofverbruik word deur Audi aangegee as 5,7l/100km en die koolstofuitlaatsyfer van 133g/km is ook puik en stem ooreen met die Euro 6-standaarde wat daar aan moderne voertuie gestel word. Die petrol-A6 versnel van rus tot 100km/u in 7,9 sekondes en sy asem raak eers anderkant 230km/u op.

Wat die diesel-A6 betref, is dit ’n heeltemal ander storie. Die dieselweergawe word aangedryf deur ’n V6-dieselenjin met’n verplasing van 2967 cc. Hierdie enjin ontwikkel 160 kW en 400 Nm se wringkrag. Dit beteken dat die A6 in slegs 7,1 sekondes tot by 100km/u kan versnel en jy sal self die petrolpedaal los wanneer die spoednaald by 240km/u verbyskuif.

Brandstofverbruik word aangegee as 4,7l/100km en uitlaatgasse is gemeet teen slegs 122g/km. Dit is werklik indrukwekkend. Dit het ook niks te doen met die foutiewe syfers wat VW in Duitsland aan hul eie motor toegeken het nie.

Bougehalte en ruimte is werklik baie indrukwekkend en beide die petrol- en die dieselweergawes van die A6 is met leersitplekke en deurinsetsel, asook aluminiumstroke aan die paneelbord en stuurwiel besaai. Alle panele is superverfynd aanmekaargesit en daar was nêrens enige tekens van afskeep of swak vakmanskap nie. Die deure voel solied en maak dig toe.

Ons enigste kritiek teen die Audi A6 is die prys. Jy sien, die Audi A6 1.8T se prys begin by R624 000 en dit is sónder enige opsionele toerusting. Die 3.0 TDi sal jou ’n eina-R715 000 kos!

Die Ford Fusion
Die Ford Fusion

Ford Fusion

Ford het nog altyd in die D-segment deelgeneem met sy Mondeo. Die Mondeo het in die vorige dekade uit die Suid-Afrikaanse mark verdwyn. Net soos in die Audi A6 se geval het die kleiner Ford Focus-sedan die Mondeo se rol oorgeneem as die gesinsmotor tot die Ford Kuga op die toneel verskyn het.

Vandag is die Focus-sedan steeds een van die mees bekostigbaarste C-sementmotors en bied die sedanweergawe uiterste goeie waarde vir geld. Maar Ford het ‘n splinternuwe D-segmentmotor in Suid-Afrika. Die Ford Fusion, wat eintlik maar die nuwe Mondeo is dog nie so genoem word nie, is heelwat groter as die Focus-sedan.

Beenruimte in die Ford Fusion
Beenruimte in die Ford Fusion

Teen 4,9 meter is die nuwe Ford Fusion byna 50 cm langer as die Focus. Hy is ook’n hele 70mm breër en byna 10mm laer. Dus is die Fusion in alle opsigte groter as die Focus. Die Fusion is net 6 mm korter as die Audi A6 en 3mm breër as die A6. So parkeer die A6 en die Fusion langs mekaar en jy sal kwalik ’n verskil in lengte sien. Die nuwe Fusion met sy Aston Martin-geïnspireerde voorste sierrooster is vir seker heelwat mooier as die A6. En die A6 is sekerlik een van die aantreklikste segment-D-motors op die pad! Die Fusion se deure maak wyd oop en die binnekant is van hoek tot kant met swart leer oorgetrek.

Ons toetsmotor was die 2.0 liter TDCi in Titanium-gewaad. Alles wat die A6 bied, bied die Fusion in oortreffende trap. Natuurlik is dit persoonlike smaak, maar na ons mening voel die Ford groter binne. Die bougehalte is puik en enige dag net so goed soos dié van die A6. Standaardtoerusting in die Ford laat die A6 ook soos’n intreevlakmotor voel. Daar is alles van lugsakke vir jou knieë tot reëlbare togbeheer wat die spoed van die motor voor jou reguleer en rem en versnel wanneer die verkeer rem en versnel. Baanswerftegnologie wat die motor tussen die lyne hou en seker een van die beste inligtingstelsel wat ons nog in’n motor teegekom het, is alles standaard.

Die 2.0-literdieselenjin ontwikkel 132 kW en 400Nm se wringkrag wat vergelykbaar is met dié van die V6-diesel-Audi. Koolstofuitlaatgassyfers is 124g/km en die verrigting is 8,6 sekondes van rus tot 100km/u en 225 km/u maksimumspoed.

Die Ford beskik oor verwarmde sitplekke, anders as die A6, asook’noutomatiese truspieël wat die A6 nie het nie. Die Ford het boonop as standaardtoerusting’n 4-jaarfabrieks waarborg terwyl die Audi slegs ’n eenjaarwaarborg het. Beide die Audi en die Ford het ’n diensplan by die prys as standaardtoerusting ingesluit.

Teen R494 000 is die Ford Fusion nie goedkoop nie en lyk hy ook glad nie na ‘n goedkoop motor nie. Dít gesê, is die Fusion wel R220 000 goedkoper as die diesel-A6 en sou jy maklik’n Fusion Titanium én’n outomatiese Ford Fiesta Ecoboost kon aanskaf vir dieselfde geld as’n V6 Audi A6 TDi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.