Kaapstad wil nie SA-vlag op gebou sien nie

Deel op

Die Kaapstadse Metro het ‘n kennisgewing aan die bestuur van die Overbeek-gebou in Kloofstraat beteken om die gebruik van die kant van die gebou as advertensieruimte te staak, het RSG berig.

Die woonstelblok is in omstredenheid gehul nadat ‘n Zuma-Must-Fall-banier verlede week daar opgehang is.

Die banier is die afgelope naweek in ‘n gespanne atmosfeer deur ANC-ondersteuners afgetrek.

Dit is intussen met ‘n Suid-Afrikaanse landsvlag vervang.

‘n Stadswoordvoerder, Priya Reddy sê die gebruik van die spasie is strydig met die stad se verordeninge.

Sy sê indien die vlag nie teen môre verwyder word nie, sal die stad regstappe doen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.