Hillary, Bernie, Trump en Cruz stoei vir benoeming

Deel op

Hillary Clinton en Bernie Sanders het mekaar Sondag gepak in die Demokratiese presidensiële benoemingstryd, die laaste keer voordat Iowa op 1 Februarie na die stembus gaan.

Clinton het sluikhoue na die gewilde Sanders in Charleston, Suid-Carolina probeer inkry.

Die twee kandidate het oor banke, lobbies, wapenbeheer en gesondheidsorg gestoei om swart kiesers te beïndruk.

Die ander kandidaat, Martin O’Malley, oudgoeweneur van Maryland, kon volgens ontleders, geen hond haaraf maak in die debat nie.

Na verwagting kan Sanders, ’n senator van Vermont, Hillary in New Hampshire op 9 Februarie verslaan.

Die Republikein, Donald Trump, het Maandag in sy toespraak aan 11 000 mense gesê hy sal “beleërde Christene” ondersteun.

Trump (69), die voorloper presidentskandidaat se verskyning by Liberty College in Virginië, is met dreigemente van studente-opstande begroet, maar hy het uiteindelik ontvanklike gehoor gehad.

Liberty is ’n evangeliese bas­tion. Trump en Cruz is tans in ’n taai stryd gewikkel in Iowa, die eerste staat wat op 1 Februarie sal stem vir die benoeming vir ’n Republikeinse presidentskandidaat.

Cruz se pa is ’n evangeliese predikant en Cruz reken daarom op steun vanuit die evangeliese gemeenskap.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.