Oudste Christen-monnikeklooster in Irak verwoes

Deel op

Satellietfoto’s wat deur The Associated Press bekom is, het bevestig wat Midde-Oosterse geskiedkundiges en kerkleiers gevrees het: Van die oudste Christen monnikeklooster in Irak, het ‘n hoop rommel oorgebly.

Dis nog ‘n slagoffer van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) se volgehoue vernietiging van erfenisplekke wat deur die groep as kettery beskou word.

Die St. Elijah monnikeklooster was die afgelope 1 400 jaar ‘n plek van aanbidding. In die vroeë millennia het geslagte monnike kerse in die nisse aangesteek en in die kapel en by die altaar aanbid.

Die Griekse letters, chi en rho, wat die eerste twee letters van Christus se naam is, is naby die ingang gegraveer.

Voor dit vernietig is, het die gedeeltelik gerestoureerde 27 000 vierkante voet klipgebou soos ‘n fort op ‘n koppie naby Mosul gestaan.

Deskundiges sê stootskrapers, swaar toerusting en waarskynlik plofstof is gebruik om van die klipmure in ‘n veld van grys stof te omskep.

St. Elijah is nou deel van die groeiende lys van meer as 100 godsdienstige en geskiedkundige plekke wat gestroop en verwoes is. Antieke monumente in die stede Nineve, Palmyra en Hatra het ook in die slag gebly.

Museums en biblioteke is geplunder, boeke is verbrand en kunswerke vernietig of verhandel.

Die monnikeklooster is in 590 gebou. Tragedie het in 1743 toegeslaan toe 150 monnike, wat geweier het om die Islamitiese geloof te aanvaar, daar deur ‘n Moslemgeneraal vermoor is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.