MTN staar nog yslike boetes in die gesig

Deel op

Die selfoonreus, MTN sê hy is nog nie amptelik in kennis gestel van boetes teen sy sakebelange in Kameroen nie, maar dat die kwessie ondersoek word.

Kameroen se teenkorrupsie-raad sê MTN het glo versuim om belasting op speletjies en dobbeldienste te betaal, het RSG berig.

Die maatskappye MTN en Orange is volgens berigte as deel van ‘n omvattende operasie met sowat 160 miljoen dollar beboet.

‘n MTN-woordvoerder, Chris Maroleng sê die maatskappy sal kommentaar lewer sodra sy ondersoek afgehandel is.

Die maatskappy is verlede jaar met sowat 80 miljard rand in Nigerië beboet.

Berigte is ook verlede jaar ontvang van ‘n boete in Uganda.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.