Brief: Waarom het die ANC besluit om PANSAT te ontbind?

Deel op

Na aanleiding van die eensydige ontbinding van PANSAT deur die swart ANC-regime het dit my laat wonder oor die eintlike strategie agter die skuif.

Alhoewel tandeloos, was dit darem ‘n tipe van teoretiese meganisme wat die Afrkaner kon gebruik in spesifieke noodgevalle wat van nou af heel dikwels gaan opduik.

Ek dink byvoorbeeld aan die behoud van Die Stem-gedeelte in die sg. volkslied van SA.

Niks verhoed nou vir Nathi en sy kamerade om die hele Stem-deel weg te laat en slegs “Nkosi Sikelel’ iAfrika” as geldige en wettige volkslied te verklaar nie.

Enige persoon wat daarteen kapsie maak kan en sal as rassis gebrandmerk kan word wat gekant is teen transformasie en apartheidsimbole aanhang. Daar is geen ander statutêre manier om Die Stem-gedeelte te behou nie – nog een van FW se wigte en teenwigte wat gekantel het. Die Afrikaner se erfenis sal weereens sonder slag of stoot vertrap word.

Duur en uitgerekte hofsake is ook futiel want die regsbank is besig om meer en meer regeringsbeleid te weerspieël.

Ek hoor graag jou mening.

– Jan de Klerk

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.