EU Immigrasiekrisis: Rooi voordeure en toedeure

Asielsoekers in ‘n noordelike Engelse dorp glo hulle is maklike teikens vir rassiste omdat hulle almal gehuisves word agter rooi voordeure.

Die huise in Middlesbrough word besit deur ‘n subkontrakteur van G4S.

Nadat ‘n verslag oor die rooi deure verskyn het op die voorblad van Woensdag se Times, het ‘n woordvoerder vir G4S gesê sy subkontrakteur, Jomast, sal die deure verf.

Asielsoekers sê hulle deure en vensters is met eiers en klippe gegooi, hondontlasting besmeer en hulle moes rassistiese skimpe verduur, het die Times berig.

Oostenryk het intussen aangekondig dat hulle die invloei van asielsoekers drasties sal inperk vir 2016.

Volgens die kanselier, Werner Faymann kan die land nie soveel asielsoekers aanvaar nie.

Die owerhede sal die syfer oor die volgende vier jaar tot 30 000 per jaar beperk word, in vergelyking met die 90 000 aansoeke verlede jaar.

Serwië het in antwoord hierop gesê die getal migrante wat toegelaat word om deur die land te reis om asielaansoeke in Oostenryk en Duitsland in te dien, sal ook beperk sal word.

Die Europese Unie het intussen gevra vir ‘n beraad oor migrasie. Faymann sê hulle het nog nie besluit wat sal gebeur wanneer die beperkings bereik word nie.

Serwië sal vanaf Woensdag begin om migrante weg te wys het Reuters berig.

Die nuusagentskap het ‘n Serwiese minister aangehaal. Die minister van Arbeid Aleksandar Vulin het gesê Belgrado sal dienooreenkomstig met Oostenryk en Duitsland optree.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel het gesê Oostenryk se besluit is nie “behulpsaam” nie.

Sy verkeer onder groot druk van haar koalisievennoot, die CSU om asielsoekers te beperk. Merkel is egter deur George Soros geloof vir haar beleid om asielsoekers te instroom.

Die miljardêrfilantroop Soros, het in ‘n onderhoud aan die New York Review of Books gesê Merkel is die sleutel om die EU te dwing om die instroming te aanvaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.