Tuks weer oop na miljoene se skade by kampusse landwyd

Die Universiteit van Pretoria sal Donderdag weer vir personeellede open nadat die begin van die studiejaar en registrasie die afgelope twee weke deur oproer ontwrig is.

Die universiteitsbestuur het intussen toegegee aan die betogers se eise en ‘n ooreenkoms met skoonmakers bereik om uitkontraktering op kampusse te beëindig.

Die ooreenkoms raak veiligheidswagte, skoonmakers, tuinwerkers en ander swart werkers.

Die skoonmakers eis ook ‘n salaris van R10 000 per maand.

Swart studente wat die stakende skoonmakers gesteun het, het die ooreenkoms verwelkom.

UP het in ‘n verklaring gesê die akademiese jaar by die universiteit sal Maandag hervat word.

Die departement van Hoër Onderwys moes ‘n bykomende R6,9 miljard rand beskikbaar stel om tekorte aan te vul nadat hulle toegegee het aan swart eise dat klasgelde nie verhoog moet word vir 2016 nie.

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema sal Donderdag ‘n inligtingsessie aanbied oor hoe vanjaar se regeringshulp aangewend sal word.

Die visekanseliers van verskeie universiteite, die NSFAS-leierskap en die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande het Woensdag byeengekom om die befondsing en oproer by universiteite bespreek.

Nzimande, het Woensdag gesê dat die oproer het R150 miljoen se skade veroorsaak. Regering sal instaan vir die skade en die nodige herstelwerk aan kampusse onderneem.

Hy het Woensdag verklaar dat die geweld en skade wat gelei het tot die toegewings, ‘n “belangrike oorwinning” vir studente is.

Die verlinkse Suid-Afrikaanse hoofstroommedia het die “griewe”, wat neerkoms op gewone vandalisme en kriminaliteit by die kampusse geloof as “regmatig”, selfs die aanvalle op universiteitstigters en weldoeners.

Die NSFAS-voorsitter, Sizwe Nxasana sê hulle beplan om volgende jaar ‘n meer gesofistikeerde model bekend te stel wat groter klem op omstandighede plaas en wat meer as net inkomste behels.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.