Bykans alle blanke DA-kiesers is rassiste, aldus Mmusi Maimane

Dis amptelik, aldus die “Obama van Soweto”, die DA se leier, Mmusi Maimane: Rassiste is nie welkom in die DA nie. Nie net dit nie: As jy wel ‘n rassis is, moenie eers bodder om jou kruisie vir die DA te gaan trek nie. Voorts gaan daar glo van DA-lede verwag word om ‘n anti-rassisme eed af te lê. Orwell sou hom morsdood gelag het. Bid jou aan: ‘n Politieke party wat sy lede se gedagtes dmv ‘n eed rein wil hou. Die DA is ook ten gunste van anti-blanke kwotas, aldus die DA se kwota-leier. Laasgenoemde is natuurlik soos ‘n hond wat ten gunste is van wors in sy eie hok. Maimane probeer wel vergeefs om daardie kwotas as blote teikens te probeer afmaak, maar gelukkig is ons nie naïef nie, of hoe?

Oor wat presies ‘n rassis en rassisme sou wees, is mnr Maimane helaas baie vaag. Een voorbeeld van rassisme wat hy wel opper, is as mense lag vir vreemde uitsprake van woorde wanneer swartmense nie hulle huistaal praat nie. Ek ken egter geen Afrikaner wat lag wanneer ‘n swart persoon Afrikaans praat nie; inteendeel, ons almal waardeer dit veel eerder om in Afrikaans aangespreek te word, al is daar ‘n paar woorde wat nie heeltemal reg uitkom nie. Ek het nog nooit enige Afrikaner ‘n swart persoon hoor tart oor sy uitspraak van Afrikaans nie. Die Afrikaners wat ek ken, kwalifiseer dus skynbaar nie as rassiste volgens daardie spesifieke definisie nie. Daar was wel ‘n Engelse aanbieder op eNCA wat geskors is omdat hy snedig gelag het oor die minister van onderwys se uitspraak van ‘n Engelse woord. Maimane praat dus skynbaar van wit Engelse.

‘n Ander voorbeeld wat Maimane opper, is dat rassiste glo nie ander mense se bestaan erken nie (“not bothering to acknowledge people”). Weer eens: Ek is nie bewus van selfs die mees stereotipiese, regsgesinde plaasboer wat nie sy werkers sal groet nie. Weer eens lyk dit vir my of Maimane eerder ‘n wrewel het aan – wie weet? – ryk Engelse uit die Noordelike Voorstede, die mêdems wat onder mekaar kla oor hoe moeilik dit is om goeie bediendes te kry. Moontlik is dit hulle wat nie verstaan dat, in die swart kultuur, dit goeie maniere is vir ‘n ondergeskikte om te wag dat die ander persoon hom eerste groet nie.

Wat Maimane eerder bo beskryf, is swak maniere, maar die meerderheid Afrikaners is opgevoed om goeie maniere teenoor almal te toon, wit of swart. Ek verstout my ook om te sê die meeste Afrikaners verstaan die swart kulture veel beter as jou deursnee Engelse snobis.

‘n Veel duideliker leidraad oor wat kwansuis rassisme sou wees, kom wel in die res van die toespraak voor. Die kern van die probleem, volgens Maimane, gaan oor wat dr Samantha Vice, daardie argetipiese mors van ‘n wit vel, “white privilege” sou noem. Maimane verwys in sy toespraak pertinent na strukturele ongelykhede as die kern van die probleem, en spesifiek na grondbesit. In hierdie opsig is daar geen verskil tussen Maimane en die EFF nie. Malema beskou alle blankes wat ‘n plaas of selfs ‘n voorstedelike lappie grond besit as sogenaamde gronddiewe. Onthou: Maimane ganse toespraak het gehandel oor rassisme, en volgens Maimane, asook Malema, is die kern van die rassismeprobleem eintlik strukturele ongelykhede, waarvan grondbesit ‘n belangrike komponent is.

Dus: Jy, meneer die blanke boer, en jy, meneer en mevrou wat sukkel om julle verband op julle meenthuiserfie te betaal, is per definisie skuldig aan strukturele ongelykheid en derhalwe ‘n aartsrassis. Jy het iemand se grond gesteel. Selfs al is jy dus ‘n tipiese Afrikaner wat dit waardeer as ‘n swart persoon jou in Afrikaans aanspreek, maak jou besit van ‘n lappie grond jou volgens die DA se leier per definisie ‘n rassis en aandadig aan strukturele rassisme.

Voorts is ongelyke opvoeding, volgens Maimane, deel van die kernprobleem. Dus: As jy as blanke jou kinders se opvoeding as opperbelangrik ag, en as jy ‘n slawedrywer is wat hulle dwing om op skool te presteer, is jy aandadig aan strukturele rassisme, want dan diskrimineer jou optrede teen diegene wat nie noodwendig ‘n hoë premie op ‘n goeie opvoeding plaas nie. Jou toppresterende matrikulant steel swart skoolkinders se geleenthede.

Gelukkig bied mnr Maimane darem toe verlossing en bevryding aan blankes tydens sy toespraak. Jy, meneer en mevrou die strukturele rassis, kan ook gered word van jou rassisme. Al wat jy hoef te doen, is om gedweë, soos ‘n skaap ter slagting, tot jou eie nadeel mee te maak aan anti-blanke diskriminasie. Jy moet dus vir lief neem daarmee wanneer jy en jou kinders van ‘n werk ontsê word in die naam van reg-stelende aksie, wat as amptelike DA-beleid herbevestig is tydens Maimane se toespraak.

As jy jou eweneens verbeel het dat grondroof slegs onder ‘n EFF- of ANC-regering sou voorkom, dink weer. Maimane het ook bevestig dat die afneem van blankes se grond amptelike DA-beleid is, en enige blanke wat hom teësit is onmiddellik ‘n rassis. So ook moet jy jou nie verbeel dat die gewettigde, rassistiese korrupsie bekend as SEB sal verdwyn onder ‘n DA-regering nie. Al wat sal verander, is dat dit DA-lede sal wees wat hul lywe tenderpreneurs sal hou. En weer eens: Durf wag om beswaar aan te teken, en die DA jaag vir jou soos ‘n brandsiek hond weg en skeur boonop jou eed op.

Uit hoofde van die bogenoemde feite, lyk dit vir my asof geen blanke kieser wat a) eiendom besit, b) goeie onderwys op prys stel, of c) besware het teen rassisme soos SEB of RA, vir die DA kan stem nie. As jy aan een van daardie drie skuldig is, is jy per definisie ‘n blanke rassis, volgens die Mbeki-bewonderaar, Maimane. Jy kan dus ook nie jou eed met ‘n rein gewete gaan aflê nie, sou jy ‘n DA-lid wou word.

Sterkte, meneer Maimane, om toekomstige verkiesings sonder minstens 60% van jou totale stemvee tot op hede te probeer aanpak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Riempies

    Dit is belaglik dat “blanke rassisme” gebruik word om die ANC te adverteer – liewe genade doen die ANC dan niks goed en tot hulle stemvee se voordeel wat hulle kan gebruik om die ANC te bevorder nie dat hulle nou hulle self in die voet skiet met die ergte vorm van rassisme denkbaar?

    Dalk moet hulle maar eers politieke strategie gaan bestudeer by Stellenbosch dat hulle weet waaroor gaan politiek. Kan die amerikaanse rektor tog nie sy mense reghelp nie?

  • Laura V

    Uitstekende reaksie op Politicsweb op Maimane se toespraak:

    “Number of black votes gained: 5.
    Number of white votes lost: 100000 and counting.”

    • JESSEJAMES

      Ek is 100% oortuig dat die DA nie wit stemme verloor agv Maimane nie. Die waarheid is baie hartseer want dit sou lekker gewees het as die DA 100 000 wit stemme kon verloor. Baie mense in nie bewus van hoe diep baie wittes se geloof in die DA gewortel is nie. Om vir die DA te stem is vir baie wittes soos ‘n dwelm wat hul help blind hou oor wat werklik aangaan in SA.

      • Laura V

        Jy is helaas reg. Ek is ook doodseker daar is heelwat plaasboere wat self DA stem. Die dag as daardie boere, wat willens en wetens DA stem, wil kla as hulle grond afgeneem word, moet hulle vir hulle kry. Geen simpatie vir hulle nie.

        • ThysH

          Nogal interessant dat jy juis na plaasboere verwys, Laura. Want dit is my indruk dat landbouorganisasies soos Graan SA en selfs AGRI-SA feitlik totaal in beheer van ‘n paar oud-Sappe en Progs en hedendaagse DAs is. Een van ons voorste kampvegters vir Afrikaans en die Afrikaner se toekoms vertel annerdag vir my hoe Bully Bothma, eertydse grootkop in Graan SA hom van ‘n kant af sleggese het omdat hy nie die DA in ‘n Vrystaatse dorp wou steun nie. Masar ons boere kies en herkies hierdie mense jaar na jaar op hulle kongresse. Wat die hel gaan aan met ons plaasboere?

          • Laura V

            Dis eintlik onregverdig van my om slegs plaasboere uit te sonder. Daar is ook talle gewone, werkende blankes wat woedend raak oor RA, maar daai einste gewone blankes stem self ook DA.

            Maar ja, die boere het ‘n nare gewoonte om libgestremde leiers te verkies.

          • Ou Transvaal

            Dit is al manier hoe oud sappe en progs nog beheer kan uitoefen ,in poste waar imbors nie n rol speel nie.Hulle sal nie by die stembus regkom nie.Dit is ook die mense wat gronduitsprake namens ons maak.

          • david ras

            Presies my waarneming ook ThysH. Dan is daar nog ‘n nuwe verskynsel wat lui–ek stem vir die DA sodat ons die ANC uit kan kry. Daarna veg ek vir minderheids regte ……….Praat van die jop tweemaal doen !
            Duidelik weet sulke mense nie hoe werk die huidige kiesstelsel nie.
            Gewoonlik is hulle NASPERS lesers en Naspers doen nou nie juis moeite om sy (oorblywende)lesers hieroor in te lig nie.
            Ek wonder net wat laat die DA en sy disippels dink dat hulle alleen oor die vermoe en intellek beskik om die land te bestuur ?
            Ons sal maar sien hoe gaan die DA sy stoele in die parlement laat met “teikens “! en die boere ? hulle is nou nie net plaasaanval teikens nie, maar stemreg teikens ook ……!

          • Riempies

            David, hierdie gekerm rondom rassisme – sou mens dit
            analiseer n kwessie van die pot kan nie die ketel verwyt nie – dit gaan hoegenaamd nie oor diskriminasie nie.

            Die waarheid is dat swartes wil nie aanpas by eerstewereld leefwyse nie en blankes wil nie aanpas by derdewereld leefwyse nie. Wie is reg en wie is verkeerd? Die swartes kan maar regtig ophou met hulle geteem oor sogenaamde
            rassisme – hulle is presies net so rassisties as waarvan hulle ons beskuldig.

        • JESSEJAMES

          Daar is baie plaasboere wat DA stem. Ek het selfs familielede op ‘n plaas wat vir die DA stem (Engels en Afrikaans).

          Daar is ‘n onsigbare krag wat wêreldwyd mense se gedagtes beheer, en daardie krag word al hoe sterker. Ek weet nie hoe erg dit mense se gedagtes beheer nie, maar as mens kyk hoe wittes in SA naïf kan wees vir 30+ jaar, moet mens ernstig begin bekommerd raak en aksie neem om meer uit te vind oor die krag/mag of wat jy dit nou eintlik wil noem. Dit is ‘n krag wat mense blind maak vir die waarheid.

          Baie mense wil nie eers die waarheid hoor nie, en diegene wat bereid is om daarna te luister is te geskok om dit te glo.

          Ons moet ons mense help wakker word. Hul is so gebreinspoel dat hul instem tot hul eie verkgragting!

          • Betzie van Rensburg

            Darem is daar hierdie Switser wat so keelvol is vir die duld van ekstremistiese Islam twak dat hy vurig opstaan . Dammit , waar is ons leeu ?

            This is a Swiss Member of Parliament, speaking in Berlin.
            At least he is not stuffing around with “nice” words to suit the PC morons.

            https://www.youtube.com/embed/pCW2hxux3Ro?rel=0

        • Max

          Dit terwyl die DA net n ANC front organisasie is !

      • ThysH

        En dis wragtag nie net die Engelse nie – daar loop ‘n hele klomp Afrikaanssprekende wittes rond wat vuriglik DA is – so erg dat hulle sterk Pro-Afrikaanse Afrikaners op webblaaie en die internet uitskel en slegse^.

        • jan

          Ja stem saam ou ThysH veral teen Afrikaanse Christene is OGOT- hare tans besig met ‘n vendetta soos min.
          Het jou oge oopgegaan? Onwaarskynlk.

      • Ou Transvaal

        Die ou mense glo hulle gaan hulle pensioene verloor en die landbouers dink dat hulle die dreigende moeilikheid gaan vryspring deur NIE SOOS BV VLAGSWAAIERS te wees nie.

        • Kalium_Chloraat

          Dan is daar ook die “dit gaan darem nog nie so sleg nie” selfmisleiding.

      • Loeis Pretorius

        Is dit nie maar soos toe mense die NP van de Klerk gevolg het nie? Die NP het by die DA aangesluit, en hul gevolg het daar agtergebly toe Marthunis van Skandwyk-hulle oorgeloop het na waar hulle hoort.
        Ook, daar is mense wie reken dat die DA die ANC kan wen (hulle moet weer hul sommetjies doen). Selfs al gebeur dit, sal dit enige verskil maak? Hul beleid is maar dieselfde.

        • JESSEJAMES

          Dit is virseker soos jy sê baie dieselfde as toe mense die NP gevolg het. Ek dink dit is wel ook anders in die sin dat wit kiesers vir die DA gaan bly stem omdat hul aan witskuld ly.

          Die DA “kan” die ANC miskien wen maar hul sal dan met die EFF ‘n bed moet deel. Ek is seker die DA en die EFF is desperaat genoeg om ‘n alliansie te vorm om sodoende by die ANC oor te neem. Hul gaan net sukkel om te besluit wie die president gaan wees want ek het ‘n vermoede dat die rooi oorpakke se leier baie gretig en heelmoontlik kondisioneel gaan veg vir die troonposisie.

          Ons kort dringend pille om witskuld mee te bandel.

    • lol

  • Maddox1

    Dis nou dieselde Miamane wat nou die dag getweet het dat hy kwaad raak as hy sien hoe wittes in die winkels koop, en die swartes moet daar werk. Ek wou terug getweet het dat as dit nie was vir AA en BEE wat sy simple party en hy ondersteun nie , sou baie meer wit mense in daardie winkels gewerk het. Ek het maar liewer gelos, want ek dink nie hy besit die intellegensie om te snap wat ek vir hom en sy volgelinge wou probeer se het nie.

  • Andrea

    Vusi is nog nie heeltemal seker presies wat sy meesters van hom verwag nie. Aan die begin het hy beslis die wit man probeer bevriend en kyk nou. Die DA het nog nooit en sal ook nooit my stem kry nie.

  • Cousin Vinnie

    Nou wonder ek wat is die storie met wit vroulief by die huis? Gaan hy haar ook opsy gooi soos wat Tokyo Sexwale gemaak het toe ander wit vroulief haar doel uitgedien het?

  • Zapata

    My opinie – Wittes moet n nuwe party stig om hulle eers saam in een bootjie te kry. Die ander party soos die FF moet tot niet gaan want dit veroorsaak versplintering onder mekaar.

    • Cousin Vinnie

      Dink net hoe baie ” dommes” gaan dink FN is EFF of VF is EFF? Dis hoekom dit so “gekook”word.

    • Jonas Van Die See

      Die punt waar politieke partyery die probleem kan (probeer) oplos is lankal verby. Jy mors jou tyd om te dink aan stemmery en kruisies…

  • Ou Transvaal

    Die laaste keer waarvan ek kennis dra waar daar van SA verwag was om n eed af te le was tydens die Unie van SA wat in 1948 ten einde geloop het.Dit was n eed van getrouheid aan die Empire daar was egter nooit n antirassisme eed nie .Dit ruik na Nuwe Wereld Orde en doring bos regering.
    Dit lyk of die DA van die oortuiging is dat hier net twee partye in die land is en baie van ons mense stem vir hulle onder die leun dat daar n sterk opposisie slegs met die DA moontlik is.Kyk mooi wie hulle onder dieselfde verleiding in koalisie gaan intrek om n + FRONT van ‘vrygemaaktes’ te skep!!!Die tyd van koalisie regering het aangebreek , dit is al manier hoe politiekusse hulle plekke kan behou en nog steeds se wat die stemvee wil hoor.

  • Andries Benade

    Die ding wat my erg die m…r in maak, is hoe baie blankes erg op sosiale media te velde trek oor goed soos RA, SEB en kwotas. En daai einste blanke, daai ou wat so op Twitter en Facebook kla en kerm, waar gaan hy sy kruisie trek in hierdie jaar se verkiesings? Ja. Langs ‘n party wat self daardie einste rassisme as deel van sy amptelike beleid het. Hy is nou soos ‘n ou wat erg in die openbaar opgee oor die mishandeling van vrouens, maar sy eie vrou gereeld ‘n paar klappe gee.

    “There are no pills for stupid.” En dis nie net die ANC se stemvee wat dommer as grond is nie.

  • Karel Combrinck

    Dit bly ‘n raaisel wanneer rassisme of ongelykhede of diskriminasie nou kamtig “struktureel” is . Word die “struktureel” bygevoeg net om dit vernamer te laat lyk? Vir my lyk dit baie na strukturele diskriminasie wanneer blankes op grond van regeringsbeleid van arbeidsgeleenthede of bevorderings uitgesluit word, of wanneer swartes voorkeur kry by die toekenning van studiebeurse of wanneer blankes, ongeag van hoe goed hulle skoolprestasies was, toelating tot bv. mediese skole ontsê word. Verwag, die DA dat blankes doelbewus swakker moet vaar op skool as swartes of dat hulle doelbewus swakker onderwys moet kry net sodat hulle nie “struktureel” beter vaar as swartes nie? Vir ‘n witmens en veral ‘n Afrikaner om nog vir die DA te wil stem, lyk baie na strukturele besimpeldheid..

    • Rooikop

      Ek sien die “Struktureel” as ‘n manier om te sê jy gaan nie daarvan ontslae raak sonder om die hele samelewing te vernietig nie.

    • Ray

      Ek het onlangs ‘n debat gevoer met ‘n sosialis. My argument was dat die grondslag van moraliteit ‘n weersin in geweld is (‘n beginsel waartoe hy ingestem het). Ek gee toe vir hom ‘n voorbeeld as teenbewys van sy regverdiging van staatsgeweld. Ek redeneer as ons onsself in die woestyn bevind en ek het die verstand en voorsig gehad om water saam te neem, maak dit my die ryker man. Ek vra toe vir hom of ek enige morele waarde oortree as ek weier om my water te deel in die lig daarvan dat my eie oorlewing daarvan afhang. Sy reaksie het my stomgeslaan. Hy reken toe dat dit ‘n vorm van geweld is en dat dit juis die staat se geweld regverdig as verdediging teen die soort van “strukturele geweld”.

      • jan

        Indien jy regtig belangstel is die antwoord voordiehandliggend – sodat dit jou sal verblind.

        Maar jy vra die regte vrae.en is op die regte spoor. – sal die kers in die tonnel verander na ‘n trein.

        • Ray

          Daar is net een soort denker. Die teenoorgestelde van ‘n denker is ‘n zombie wat vasklou aan die verlede in die hoop dat die werklikheid sal verdwyn. Dié dat hulle die mistiek so aantreklik vind. Jy kan jou brein afskakel en soos ‘n klein bedorwe kindjie ‘n vloermoer gooi as jou pappie in die hemel nie aan jou wense voldoen nie.

          • jan

            Ag Ray word tog net groot! Of probeer daai ding tussen jou ore gebruik.
            Jou vraag:
            wat doen jy as jou buurman honger is vanwee sy eie slegtigheid.? Voogdyskap
            Jy kan vir hom tabak gee soos Rupert en skatryk word uit die Hospitaalrekenings.
            Of jy kan vir hom werk gee om diamante en goud vir jou uit te haal en skat ryk word uit sy goedkoop arbeid
            Of jy kan hulle vrouens en kinders in konsentrasiekampe laat verhonger en vrek van masels en disentrie soos die Baalkultus van die ABO
            Of jy kan in massas vrek skiet en verhonger soos Stalin en Marx
            Of jy kan hulle gyselaar neem na Utopia toe soos Piet Retief.
            Of jy kan hulle aborteer so vinnig as wat hulle aanteel en die fetusse vreet soos die Chinese
            Of jy kan hulle kerke en skole afbrand – hulle hele kultuur vernietig in hul moedertaal soos die Vrydrenkelinge met die Afrikaners maak.

            Ens ens al die Google f-ops wat Henkst jou sal vertel

            Verwoerd se skitterende suksesvolle Veelvolkige Christelike selfbeskikking het tot sy moord gelei Ontvoogding en selfbeskikking in volksverband.

            Nou sit Ray en die Ogotters en Vrydenkers in sy self gemaakte Tsafendastan en verwonder hulle oor die gevolge van hul eie dade.
            Soos Waaksaam en sy braaksel.

          • Ray

            Jy is duidelik ‘n slagoffer van kindermishandeling tydens jou jeug. So ‘n onsamehangende gebrabbel het ek in my dagdeslewens nog nie teëgekom nie en ek was al ‘n paar keer om die blok.

  • Rooikop

    Die DA is tans meer effektief met bestuur en implementering – daarvan is die weskaap ‘n sprekende voorbeeld. Skoner en minder slaggate in die paaie. Ek is bly hulle is nie aan bewind nie want hulle sal ook RA en grondgryp meer effektief bedryf en ALLES waarvoor ons gewerk het tot niet laat gaan.

    • JESSEJAMES

      Ek dink nie dit is die DA nie. Dit is eerder die demografie van die Weskaap.

      • Rooikop

        Ook waar

    • Kalium_Chloraat

      Die DA onderskryf die Freedom Charter, daarom sal hulle dieselfde as die ANC doen. Dit sal net ‘n jaar of 2 langer vat.

    • Jonas Van Die See

      Soos my oorle ouma-grootjie altyd gesê het…: “Remember my boy (nie in gesprek met die tuinier nie, maar met my…): Only a white man can be a racist. But a black man is always a suspect”.