Nog ‘n onwettige banier ontsier Kaapstad

Deel op

‘n Yslike banier van die nuwe Suid-Afrikaanse onderbroekvlag is aan die kant van dieselfde gebou in Kaapstad aangebring wat verlede week “Zuma must fall” vertoon het.

Maar die Stad Kaapstad, sê hulle het geen idee wie verantwoordelik is vir die jongste oortreding op die hoek van Kloof- en Buitensingelstrate nie.

“Geen aansoek is aan die Stad gerig [vir die jongste vlagbanier nie],” het woordvoerder Priya Reddy gesê.

“Ons sal ondersoek instel of dit strydig met enige van ons verordeninge en as dit is, sal die saak oorhandig word aan ons aanklaer,” het Reddy gesê.

Intussen is die stad nog in die proses om Independent Outdoor Media, wat die onwettige “Zuma moet val” banier verlede week opgesit het, te dagvaar.

Swart en bruin ANC-ondersteuners het Saterdag na die woonstelgebou opgeruk en dit af die muur afgeruk met messe en ander skerp voorwerpe.

Die voorval het gelei tot verhoogde rassepolarisasie, aangesien meestal wittes gekant is teen Zuma.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.