Uitspraak verwag van Zuma-beskermingseenheid wat op wittes skiet

Deel op

Uitspraak word vandag in die Potchefstroom-landdroshof verwag in die saak teen twee lede van die presidensiële beskermingseenheid.

Die transkripsie van die uitspraak teen Sankoela Lepota en Malose Makonyane was tydens hul laaste hofverskyning verlede jaar nie gereed nie.

Sankoela Lepota en Malose Makonyane word van poging tot moord aangekla. Die aanklagte hou verband met ‘n voorval in Augustus 2013 op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp.

Die mans het na bewering ‘n skoot afgevuur op ‘n groen Uno, en die motor se linkervoorwiel getref.

Die insittendes, Schalk en Nadine Enslin, is nie in die voorval beseer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.