Vrystaatse dokter voor vir beweerde verkragting

Deel op

‘n Vrystaatse dokter verskyn na verwagting vandag weer in die Phuthaditjhaba-landdroshof op ‘n aanklag van verkragting.

Die nege-en-twintigjarige Mohale Setlaba het glo ‘n swanger pasiënt tydens ‘n ondersoek verkrag. Hy is vroeër borgtog van R1000 toegestaan.

Volgens polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, het ‘n 29-jarige swanger vrou van Bohlokong naby Bethlehem aan die polisie gesê sy is verkrag.

Sy het op 27 November 2015 na die plaaslike hospitaal in Qwaqwa gegaan vir ‘n ondersoek, waartydens die beweerde voorval plaasgevind het.

Sy het haar vriend en oom van die voorval vertel en hulle het die hospitaal gekontak.

‘n Saak is later by die Namahadi-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.