Die Stad Kaapstad sê die dagvaarding vir die Zuma Must Fall-banier in die stad, word voorberei.
Die groot teken is Saterdag uitmekaar geruk deur ANC-ondersteuners,’n dag nadat dit langs die kant van ‘n privaatgebou in die middestad verskyn het.
Onafhanklike Outdoor Media is in die moeilikheid, want amptenare sê die maatskappy het ‘n munisipale verordening verontagsaam.
Intussen het die ANC gesê oproepe vir die verwydering President Jacob Zuma kan slegs die samelewing polariseer.
ANC-woordvoerder Keith Khoza sê die veldtog het ‘n rassistiese ondertoon.
Beeldmateriaal van ‘n onderonsie tussen bruin en swart ANC-ondersteuners en die wit baniervervaardigers, toon hoe ‘n witman deur swartes aangeval word en onder polisiebeskerming moet vlug.
‘n Woordvoerder, Priya Reddy sê die aanklaer sal binnekort die dokumente teen die mediamaatskappy, Independent Outdoor Media finaliseer.
Die maatskappy het na bewering die banier sonder toestemming op een van die stad se geboue aangebring.
Dit is nog onbekend wie vir die banier betaal het, maar die ANC beskuldig die DA dat die party verantwoordelik is.
Die ANC beskuldig ook die DA daarvan dat hulle niks gedoen het terwyl die onwettige daad uitgevoer is nie.