Gevaar van etniese suiwering Burundi waarsku VN

Deel op

Die hoof van die Verenigde Nasies se menseregte-agentskap, het kommer oor die toenemende geweld in Burundi uitgespreek en bewerings dat die veiligheidsmagte by rampokker-verkragtings betrokke is, etniese suiwering en massagrafte veroordeel wat meer as 100 liggame bevat.

“Al die waarskuwingstekens, insluitende die etniese dimensie van ’n krisis, laat die gevaarligte flikker,” het Zeid Ra’ad Al Hoessein in ’n verklaring gewaarsku.

Burundi verval al dieper in geweld sedert pres. Pierre Nkurunziza in April verlede jaar sy voorneme aangekondig het om vir ’n derde termyn as president te staan, het AFP berig.

Onluste het in intensiteit toe­geneem sedert sy herverkiesing met politieke sluipmoorde aan albei kante, aanvalle op die polisie en summiere ­teregstellings.

Zeid het gewaarsku oor “kommerwekkende tendense” waar mense verdwyn, verkrag en gemartel word.

Ooggetuies vertel dat minstens nege massagrafte in en om die hoofstad, Bujumbura, gevind is, insluitende een in ’n militêre basis waarin meer as 100 liggame gevind is.

Ooggetuie sê die dodetal van aanvalle op drie militêre basisse op 11 Desember is aansienlik hoër as die amptelike syfer van 87. Die VN sê minstens 130 mense is in die aanvalle dood.

Zeid is veral bekommerd oor berigte dat Toetsies uitgesonder word vir gewelddadige aanvalle terwyl Hoetoes gespaar word.

Burundi se burgeroorlog in 1993 was langs etniese lyne tussen die meerderheid Hoetoes en die minderheid Toetsies.

Nagenoeg 300 000 mense is gedood in die konflik wat in 2006 beëindig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.