Savimbi se kinders hewig ontsteld oor videospeletjie

Die voormalige leier van Unita, Jonas Savimbi, is nou ’n skurk in ’n videospeletjie en dit het sy kinders hewig ontstel, het AFP berig.

Die familie van die gevalle Angolese rebelleleier, Jonas Savimbi, dagvaar die vervaardigers van ’n gewilde videospeletjie, Call of Duty vir die uitbeelding van sy karakter as ’n “barbaar”, het hul regsgeleerde gesê.

Drie van Savimbi se kinders wat in die Parys-streek woon, vra een miljoen euro in skadevergoeding van die Franse tak van die speletjie se vervaardigers, Activision Blizzard.

Savimbi was die stigter van die Nasio­nale Verenigde Front vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (Unita), wat in ’n 27-jaar lange burger­oorlog met die Angolese regering betrokke was.

Hy is tydens gevegte in 2002 dood en dit het die weg vir ’n vredesooreenkoms gebaan wat ’n einde aan een van Afrika se langste en bloedigste konflikte sou maak.

Die oorlog het die lewens van minstens ’n halfmiljoen mense geëis en vier miljoen burgerlikes gedwing om uit hul huise te vlug.

Hy was net so charismaties as wat hy omstrede was en die bebaarde Savimbi het gereeld in die openbaar in sy uniform met ’n rooi baret verskyn.

Tien jaar ná sy dood, was dit hierdie figuur wat sy kinders ontdek het toe Call of Duty die Black Ops II videospeletjie in 2012 bekend gestel het.

Die omstrede deel wys Savimbi, bekend as die “swart haan” onder sy ondersteuners, waar hy op ’n tenk staan en sy troepe opsweep en die MPLA in aantog is en geweervuur oral gehoor kan word.

Hy skree slagspreuke soos “veg, my broers” en “ons moet met hulle klaarspeel . . . dood vir die MPLA”.

Die Savimbi-familie se regsgeleerde sê Savimbi word uitgebeeld as ’n “groot domkop wat almal wil doodmaak”.

Dit is nie die eerste keer dat geskied­kundige en politieke figure as karakters in Call of Duty hul verskyning maak nie.

Kuba se Fidel Castro, die ontslape Amerikaanse president, John F. Kennedy en die voormalige Panamese diktator, Manuel Noriega, het ook al hul verskyning gemaak.

Noriega het in 2014 in Amerika hof toe gegaan en gesê die speletjie stel hom in ’n slegte lig. Die hof het die saak verwerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • JESSEJAMES

    Ek dink Afrika het weer ‘n Jonas Savimbi nodig. Die man se visie was een van swart kapitalise sonder om staat te maak op westerse hulp – Waar kry mens vandag swart leiers soos dit?

    • Kalium_Chloraat

      Savimbi se “militere suksesse” was eintlik die Recces en 32Bn s’n. Hy was ook nie kapitalisties nie, maar sosialisties. Daar was met die Porras se oorgawe van Angola min te onderskei tussen UNITA en SWAPO. Hulle het saamgewerk en UNITA het sy mantel gedraai vir oorlewing teen FAPLA. Die enigste kapitalistiese groep in Angola was die FNLA en hulle het vroeg al opgehou bestaan met die meeste van hul goeie soldate in 32 Bn.

      • jan

        Spesiaal vir jou Kalium
        Savimbi het met die aanval op Yetweni diamantmyn 1998 al ons wit ongewapende mynwerkers wou doodmaak.
        Natuurlik het PW hom so verraai dat mens kan verstaan. Arme arme Roedof Boshoff oom Carl se seun het selfmoord gepleeg daaroor…..
        Savimbi is deur ons regering bewapen en opgelei.

        Ek en twee Mambodjies [perdebye = swart sekuriteitswagte] en Jannie Wools sekuriteitshoof het vanaf Luo in die suide 15 gaan red met een moerse groot Russiese helikopter. Skitterende swart vlieenier wat russies praat. Hy het my gered – ek was amper amper ‘n gyselaar. Paddy Giblin was ons kamp se sekuriteits ou.[ Dis waar ek met die gawe manne van Petra diamante kennis gemaak het. Was ons buur myn – altyd loop rugby kyk by hulle.]

        Daar was 7 lyke. -.soos honde vrek geskiet – het later gekom met ‘n wolk vliee

        Hel dit was erg. Tawwe mans wat soos kinders huil ….

        Ek het nog nie die moed om daai dagboek oor te skryf nie en miskien te publiseer.?

        • Riaan Slabbert

          Heng Jan….sal graag saam jou n vleisie wil braai 🙂

        • Kalium_Chloraat

          Skryf Jan, ek sal belangstel. Die onthullings van Wynand Malan in sy boek oor verraaiers is ook interessant, ne?

      • JESSEJAMES

        Hoekom het Savimbi dan aan ons kant baklei as hy vir sosialisme was? Sosialisme is mos nader aan kommunisme as aan kaputalisme.

        Volgens Wiki “Savimbi renounced his earlier Maoist leanings and contacts with China,
        presenting on the international scene as a protagonist of anti-communism”

        Beteken anti-kommunisme nie maar dieselfde as anti-sosialisme nie?

        Ek kan ook onthou toe hy dood is in 2002. Het die aand nuus gekyk. Baie ANC ouens was half bly toe hy dood is.

        • Kalium_Chloraat

          Savimbi het SA nodig gehad om te oorleef. Die FAPLA brigades wat by die Lomba rivier vernietig was, was met SA artillerie (saluut aan die kanondonkies), 32 en 61 Meg gedoen. Dis hoekom. Om SA ondersteuning te kry moes hy die Chinese los en die Amerikaners het hom met grond tot lugmissiele gehelp. Die man het sy mantel na die wind gedraai.

          Sa was ook nie juis vreeslik kapitalisties nie. Kyk na die bemarkingsrade en die belastingwetgewing van daardie tyd.

  • Ou Transvaal

    Die drie kinders bly in Parys, seker ook maar asiel soekers ,na hulle n goeie dosis Afrika demokrasie weg het.
    Daar is nou n guilde kans om eise in te stel sonder om hulle handtjies vuil te maak ,mag ek nou die woord Parasiete gebruik????Sy gebroedsel skuil nou by die westerlinge; Afrika raak werklik voorspelbaar.

  • Kalium_Chloraat

    Aag nonsens, die man was ʼn held. Ek en hy het baie FAPLA’s afgemaai en hy het my lewe ook gered. Kyk net hier onder hoe doen ons die ding.

    Hoe is dit dat sy kinders eers nou daarvan hoor wanneer Black Ops al in die afslagmandjie van die rekenaarspeletjiewinkel lê? Ek meen, die speletjie is al jare uit. Ek dink egter dat Kol Breytenbach en die hele oud 32 Bataljon met die speletjie saamstem oor Savimbi se kop.

  • Hans Onrust

    het is in de periferie toch opmerkelijk dat een Angolese ‘vluchteling’ van na de ‘bevrijding’ en omgeven door leugens en bedrog, een jaar lang de media gemoederen en asielprocedures bezighield in totaal verlinkst Nederland.

    Dat heeft overeenkomsten met de ‘bevrijding’ van Kosovo e.a. moslimgebieden en landen in voormalig Joegoslavië.
    Sinds die achterlijke clangebieden zijn ‘bevrijd’ stroomde honderduizenden moslims daarvandaan naar West Europa.

    Als het de krimpende blanke volken waar ook ter wereld maar verder kan verdringen en wurgen, lijkt al het slechtste denkbare al 40 jaar geoorloofd !

    http://www.nrc.nl/nieuws/2013/03/30/mauro-heeft-verblijfsvergunning-en-mag-definitief-in-nederland-blijven

  • jan

    Die NP het die moeder oftewel die oerknal van alle f-oppe gedefinieer met goedkoop swart arbeid alias ‘swart bemagtiging’ volgens Wiki , WAT en HAT en GOOGLE/

    Eers die Savimbi verskroeide aarde in Angola en daarna die ANC verskroeide aarde in Tsafendastan.

    Sedert Verwoerd se moord was alle dywels in die hel losgelaat oor ons superryk land.
    Angola is waarskynlik nog ryker , inden moontlik….

  • Nadine Spires

    VIRUS DETECTED…..