Navorsers op die spoor van Salem-heksejag

Deel op

‘n Span Amerikaanse navorsers wat geskiedkundige dokumente en 21ste eeu argeologiese tegnieke gebruik het, het die presiese plek bevestig van die Salem-heksejag.

NUUT!

Geen oorblyfsels van ‘n galg of grafte kon egter opgespoor word nie. Die grond is te vlak en klipperig waar die sogenaamde verhore plaasgevind het.

Op dié plek is 19 onskuldige mense gedurende die Salem hekse-verhore meer as drie eeue gelede gehang.

Die plek, bekend as Proctor’s Ledge, is ‘n klein stukkie grond in die woude tussen twee woonbuurtstrate en agter die Walgreens apteek, het Salem Staatsuniversiteit se geskiedenisprofessor emeritus, Emerson (Tad) Baker, ‘n lid van die seweman span gesê.

Twintig mense wat in 1692 van heksery in Salem verdink is, is glo gedurende ‘n vlaag van angs opgehang.

Dié gebeure is glo aangedryf deur bygelowigheid, vrees vir siektes en jaloesie. Negentien is gehang en een man is gestenig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.